Wat is kuberwolkdataverwerking?

Kuberwolkdataverwerking is die proses om ‘n netwerk van afstandsbedieners te gebruik, wat via die internet elders gehuisves word, om data te bewaar, bestuur en verwerk, eerder as om dit plaaslik te huisves. Dit kom daarop neer om iemand anders se infrastruktuur en hardeware te gebruik, wat beteken dit verminder die direkte kapitale belegging wat jou besigheid hoef te maak.

Hoe maak ek seker dat ek toegang het tot my data?

Kuberwolkverskaffers sal ‘n uiteensetting verskaf van jou toegang, sekuriteit, dienste en ondersteuning wanneer jy met hulle in vennootskap tree. Jy het toegang tot jou data van enige plek af. Dit is een van die voordele van die kuberwolk: jy hoef nie kantoor toe te gaan nie, jy kan van die huis af werk.

Is die kuberwolk veilig vir persoonlike inligting? In terme van sekuriteit, hoe veilig is ‘n mens se inligting/lêers?

Die kuberwolk is 100% veilig vir jou persoonlike en werksverwante inligting.

Sal my organisasie meer inligtingstegnologiepersoneel nodig hê om die oorgang te hanteer?

Een van die groot voordele van ‘n kuberwolkdiensverskaffer is dat hulle al die werkinge rondom jou verskuiwing na die kuberwolk hanteer. Jy hoef nie bykomende personeel aan te stel nie. Maar as jy wel inligtingstegnologie-kennis en -vaardighede in jou besigheid het, kan tog nuttig wees. Dit kan help om die oorgang te vergemaklik. As jy nie ‘n bestaande inligtingstegnologiespan het nie, kan jy dalk oorweeg om ‘n professionele persoon te kry om te help om voordeel te trek uit die dienste wat die kuberwolk bied, en advies te verskaf. Maar jy kan dit ook self doen as jy nie begroting het vir ‘n kundige in inligtingstegnologie nie.

Kan die kuberwolk my inligtingstegnologie-kostes verminder?

As jou organisasie klein is, beslis. Microsoft gee tien gratis lisensies weg vir Business premium, wat insluit gratis Windows 10 en rekenaartoepassings. So as jy minder as tien werknemers het, hoef jy jouself nooit oor inligtingstegnologiekostes te bekommer nie, tensy jy nuwe rekenaars en virusopsporingsagteware aanskaf.

Is kuberwolk-inskrywingskostes versprei oor ‘n tydperk?

Jy kan kies om maandeliks betalings te doen, of ‘n enkele betaling vir ‘n tydperk van ses of twaalf maande.

Gaan die kuberwolk my werk oorneem?

Nee.

Hoe doen ek aansoek vir tien gratis M365 inskrywings?

Kontak ons ondersteuningspan om jou deur die proses te lei:

T: +27 010 007 2734 or +27 084 979 0336

E: techsoup@phambano.org.za of info@phambano.org.za

Scroll to Top
Scroll to Top